28 Desember 2021
Die hof in Makhanda het beveel dat die reuse oliemaatskappy, Shell sy eksplorasie aan die ekologies sensitiewe Wilkdekus voorlopig moet staak, totdat die tweede deel van ‘n aansoek om ‘n dringende interdik aangehoor is.
Die maatskappy het op 2 Desember vanjaar met seismiese ontploffings in die gebied begin.
LEES OOK: SHELL MAG VOORTGAAN MET SEISMIESE TOETSE
Die prokureursmaatskappy van Richard Spoor en die Sentrum vir Regshulpbronne het die aansoek om ‘n interdik namens die Dwesa-Cwebe, Amadiba, en Port St Johns-gemeenskappe asook omgewingsorganisasies gebring. Hulle het aangevoer dat die seimiese ontploffiongs vernietigend vir die seelewe is en die gemeenskap se regte skend.
Shell het tydens die aanhoor van die saak gewaarsku dat indien die interdik toegestaan word, hy dalk die hele operasies sal moet laat vaar, wat die moontlikheid dat sterk olie en gasreserwes gevind kan word sal beëindig. Die maatskappy sê sy verlies sal sowat R1-miljard beloop.
LEES OOK: GWEDE MANTASHE STEUN SHELL
Shell en die minister van energie, Gwede Mantashe is beveel om die koste van die aansoek te betaal.