29 September 2021
Ses mense, waarvan drie kinders is dood toe ‘n ligte motorvoertuig gisteraand met ‘n vragmotor op die N4 naby die Rossouwstraat-afrit in Die Wilgers in Pretoria gebots het.
Die ER24-woordvoerder Russel Meiring sê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die motor in die middel van die pad aangetref. ‘n Groot hoop graan was in die pad en oor die voertuig gestrooi.
‘n Man en vrou se liggame is voor in die motor gevind, terwyl ‘n bejaarde vrou en drie kinders, twee seuns en ‘n dogter, agter in die motor gevind is.
Volgens hom was die kinders 3-, 8- en 12 jaar oud. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die vragmotor na bewering ‘n U-draai in die pad gemaak het waarna hy met die motor gebots het.
Die plaaslike owerhede ondersoek die voorval.
Stem vir die Aitsa’s