24 Augustus 2023
Argentinië, Ethiopië, Iran, Egipte, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate sal vanaf 1 Januarie 2024, nuwe lede van die Brics-groepering word.
President Cyril Ramaphosa het pas dié aankondiging tydens ‘n media-konferensie by die 15de Brics-beraad in Sandton, Johannesburg, gemaak.
Ramaphosa sê die Brics-groepering heg waarde aan die belange van ander lande se vennootskap met Brics. Die president het intussen die beraad as suksesvol bestempel.
Hy sê kwessies soos ekonomiese groei, volhoubare ontwikkeling en die vorming van multilaterale verhoudings het aandag gekry.
Ramaphosa sê verder dat voortslepende konflik in talle dele van die wêreld ook ‘n groot rede tot kommer is vir die lede.
#BRICSza | H.E. President Ramaphosa . Johannesburg II Declaration adopted . The XV Summit has adopted guiding principles on the BRICS EXPANSION.Following countries invited to join .
— BRICSza (@BRICSza) August 24, 2023
Argentina
Egypt
Ethiopia
Iran
Saudi Arabia
UAE
To take effect from the 1st of January 2024 pic.twitter.com/OOa9uqCXqs
