Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Senior staatsamptenaar en vrou in hof weens beweerde verkragting

29 April 2021

‘n 49-jarige senior staatsamptenaar in Gauteng en sy 36-jarige vrou verskyn weer vandag in die landdroshof in Bosbokrand nadat hulle weens die beweerde verkragting van minderjarige kinders in hegtenis geneem is.

Nóg ‘n jong slagoffer het na vore gekom nadat die egpaar verlede Vrydag in hegtenis geneem is in verband met die verkragting van twee slagoffers.

Volgens dié meisie was sy 7 jaar oud toe sy na bewering in 2014 deur die staatsamptenaar verkrag is. Sy is nou 14 jaar oud.

Die polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdluli sê die meisie het aangevoer dat sy destyds met die verdagte se broerskind gespeel het toe hy sy familielid na ‘n winkel toe gestuur het. Hy het die slagoffer toe glo na sy kamer geneem waar hy haar verkrag het.

Volgens die meisie het die verdagte gesê dat hy haar sal vermoor indien sy enigiemand daarvan vertel.

Die verdagte en sy vrou word ook na bewering verbind met die verkragting van nog twee meisies, onderskeidelik 13- en 15 jaar oud.

Volgens Mdluli het die vrou glo die meisies gedwing om met haar man te slaap, in ruil vir etes.

Die twee sal om borgtog aansoek doen.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende