12 Julie 2023
Die Amerikaanse senator, Chuck Schumer het ‘n beroep op die Amerikaanse voedselreguleerder, die FDA gedoem om dringend die Prime energiedrankie en sy inhoud te ondersoek.
Prime het vroeër vanjaar opspraak gemaak nadat dit bemark is deur die YouTube-sterre, Logan Paul en KSI. Die twee mense het saam nagenoeg 48-miljoen volgelinge op YouTube.
Volgens Schumer teiken die drankie kinders onder 18 jaar oud, al het dit ‘n hoë kafeïeninhoud van 200mg per blikkie. Dit is nagenoeg twee keer meer as die kafeïeninhoud van Red Bull-energiedrankies. Prime waarsku egter dat dit nie gepas is vir kinders jonger as 18 nie.
Prime het ook ‘n sportsdrankie wat in ‘n plastiekbottel verkoop word, maar wat nié kafeïen bevat nie. Volgens Schumer lyk die plastiek-verpakking en die blikkie soortgelyk, wat beteken dat talle ouers onwetend vir hulle kinders die drankie met die hoë kafeïeninhoud gekoop het.
“Die FDA moet dringend ondersoek instel.” Volgens ‘n Prime-verteenwoordiger is die kafeïeninhoud binne die perke van wat die FDA toelaat.
