16 Julie 2021
Die selfoonreus, MTN sê meer as 100 van sy selfoontorings is buite werking gelaat weens die grootskaalse plundering in veral KwaZulu-Natal en Gauteng.
Die groot aantal torings wat buite werking is, beïnvloed kommunikasie oor groot gebiede.
Volgens die maatskappy is die ergste dat tegnici nie by die torings kan uitkom om die skade te herstel nie en gevolgik kan daar nie ‘n skatting gemaak word wanneer die netwerk weer teen sy volle kapasiteit bedryf sal kan word nie.
Baie van die torings maak staat op petrol of diesel vir kragopwekking nadat die elektrisiteitstoevoer na dié torings onderbreek is.
Meer as ‘n honderd MTN winkels is ook die afgelope week geplunder of beskadig.
Hou Afrikaans op die lug