27 Julie 2023
Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, UNESCO het gepleit dat selfone by skole verbied word.
UNESCO het ‘n verslag uitgereik waarin hy aanvoer dat daar ‘n toenemende bewyse is dat té veel skermtyd ’n negatiewe impak op kinders se emosionele stabiliteit het. Die verslag voer ondermeer aan dat die veiligheidskwessies verbonde aan selfone nie geïgnoreer kan word nie.
Volgens UNESCO is kuberboelies ook weereens aan die toeneem, en het dit ‘n negatiewe uitwerking op kinders se fisiese- en geestesgesondheid. “Selfone is ‘n afleiding vir kinders, dit meng in met hulle klastyd, en kinders kan leer sonder skermtyd.”
Volgens die Global Education Monitoring Report van UNESCO het kinders in België, Spanje en Brittanje beter opgelet toe slimfone by skole verbied is.
Selfone, tablette en slimhorlosies sal reeds vanaf 1 Januarie 2024 in klaskamers in Nederland verbied word in ’n poging om afleidings te verminder.
Foto: Getty Images
