Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

“SELFAFSONDERING MOET GAAN,” VERSOEK COVID-ADVIESKOMITEE

20 Desember 2021

Die ministeriële advieskomitee oor Covid-19 het aanbeveel dat mense hulself nie meer hoef af te sonder wanneer hulle in kontak was met iemand wat positief getoets het vir Covid nie.

Die komitee sê kwarantyn is nie meer ‘n doeltreffende manier om die verspreiding van die virus te keer nie, onder meer omdat slegs ’n handjievol mense, wat in kontak was met iemand wat Covid-19 het, opgespoor word.

Die komitee sê ook dat net 10% van alle gevalle suksesvol geidentifiseer word en dat baie mense a-simptomaties is as hulle die virus opdoen.

Die komitee het ’n skrywe aan die minister van gesondheid, Joe Phaahla, gestuur waarin hulle sê dat ’n groot aantal mense intussen ’n vorm van immuniteit teen Covid-19 opgebou het, hetsy as gevolg van die entstof of deur van die virus te herstel. Hulle sê verder dat hulle nou meer kennis het oor die verspreiding van die virus.  

Die Suid-Afrikaanse regering het kort ná die uitbreking van Covid in die land versoek dat enigiemand wat positief toets of in kontak was met die persoon wat die virus onder lede het vir 14 dae in selfafsondering moet gaan wat later tot 10 dae verkort is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

Ander Nuus Artikels

South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende