13 Desember 2023
Gee ‘n naam vir ‘n Sebravulletjie en wen ‘n twee-nag verblyf in die Rietvlei Natuurreservaat in Pretoria.
Dit is ‘n kompetisie wat deur die Tshwane-metro op die been gebring is. Volgens die burgemeester, Cilliers Brink is die Sebravulletjie onlangs in die Klapperkop Natuurreservaat gebore, maar is steeds naamloos.
Hy sê die vulletjie het reeds ‘n sterk en vurige persoonlikheid, en meen dit sal gepas wees indien hy ‘n naam kry wat dit reflekteer. Volgens Brink moet die naam ook van Afrika-oorsprong wees.
Brink sê ‘n verduideliking van wat die naam beteken moet ook saam met die inskrywing ingedien word.
Die kompetisie sluit op 22 Desember.
Inskrywings kan gestuur word na: [email protected]
STATEMENT: Baby zebra naming competition now open with a top prize of two nights’ stay at Rietvlei Nature Reserve. @CityTshwane pic.twitter.com/zagz3WjJrA
— Tshwane Coalition (@tshwane_mayor) December 12, 2023