2 Februarie 2024
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, oftewel SASSA, het die afgelope drie jaar meer as ‘n R150-miljoen onreëlmatig aan voormalige maatskaplike toelae-begunstigdes wat dood is, betaal.
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het bevestig dat minstens 74 636 betalings gemaak is.
Volgens Zulu was daar 32 920 maatskaplike toelae-begunstigdes wat in 2021/22 verkeerdelik betaal is.
Die getal het glo afgeneem tot 26 512 in die daaropvolgende boekjaar en daarna 15 204 in die 2023/24-boekjaar.
Volgens Zulu het Sassa nou saam met die departement van binnelandse sake gewerk aan die bevestiging van die oorledenes se data en is die lewensstatus van begunstigdes maandeliks nagegaan voordat ‘n betaling gegenereer is.