Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

SANRAL se beurse vir 2024 glo onderhewig aan ras

6 Julie 2023

AfriForum Jeug het ‘n prokureursbrief aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) gestuur om antwoorde te eis oor die agentskap se beurse vir 2024 wat blyk om onderhewig aan rassediskriminasie te wees.

Die jeugorganisasie se woordvoerder, René van der Vyver sê uit die inligting wat op SANRAL se webblad en brosjures beskikbaar is blyk dit dat ras ’n bepalende faktor is by die toekenning van dié beurse. 

Sy sê hulle eis antwoorde by SANRAL oor onder meer:

  • Die kriteria wat hulle gebruik om transformasie teikens te definieer en te bepaal wanneer dit bereik is.
  • Hoe hulle hierdie beleid versoen met die grondwetlike waardes van nierassigheid en gelykheid.
  • Of aansoekers toegelaat word om hul ras self te klassifiseer en indien dit deur die agentskap geverifieer moet word, hoe die verifiëring gedoen word. 

Volgens Van der Vyver is dit belangrik dat die jeug van Suid-Afrika weet wat SANRAL se antwoorde op hierdie vrae is omdat SANRAL, as ’n staatsinstelling, se beleide ’n beduidende invloed het en juis daarom die grondwetlike waardes van gelykheid en nierassigheid moet weerspieël.

“SANRAL se blatante diskriminasie met hierdie beurse is net nog ’n slaggat in jong Afrikaners se toekoms en AfriForum Jeug staan enige vorm van rassediskriminasie ten sterkste teen. In moeilike ekonomiese omstandighede behoort die jeug juis gelyke geleenthede te hê om te studeer, wat op grond van meriete en nie die kleur van hul vel toegeken word,” sê sy.

Die jeugorganisasie verwag SANRAL se terugvoer binne die volgende 30 dae.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater

VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

Ander Nuus Artikels

ENOCH
Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging
pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende