21 Desember 2022
Werknemers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad, SANParke, sal binnekort aan leunverklikkertoetse onderwerp word in ‘n poging om die voortdurende stropery hok te slaan.
Die besluit is reeds deur SANParke se raad goedgekeur en vorm nou deel van die organisasie se beleid.
In ‘n geskrewe vraag aan die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Barbara Creecy, wou die DA se Annerie Weber weet of die beleid – wat reeds in Junie in werking gestel moes word – al van krag is.
Volgens Creecy het die raad eers op die 23e November die besluit bekragtig en word daar voorsien dat die toetse in die vierde kwartaal van die 2022/2023-boekjaar die eerste keer afgelê sal word.
Dit kom na ‘n vlaag van veldwagters en ander SANParke werknemers wat betrokke was by stropingsaktiwiteite.
FOTO: GivenGain