Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Sambreel van R44 000: OUTA dien klag teen NSFAS-hoof in oor tender

7 Augustus 2023

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) het ‘n strafregtelike klag teen die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema, NSFAS se uitvoerende hoof, Andile Nongogo, ingedien.

Nongogo was die voormalige hoof van die Onderwys en Opleidingsowerheid vir die Dienstesektor, oftewel, die SSeta.

Volgens OUTA het Nongogo tenders goedgekeur aan die maatskappy Five Star, om die Dienste Seta se handelsmerk te vernuwe. Die totale koste van die tender, wat in 2016 toegeken is, het nagenoeg R40-miljoen beloop.

Nongogo het betalings goedgekeur waarvolgens die Dienste Seta meer as R44 000 vir ‘n sambreel betaal het, en meer as R4 500 vir ‘n T-hemp. OUTA het ook ‘n klag teen hom by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters ingedien.

Volgens fakture in OUTA se besit is meer as R264 000 betaal vir ses sambrele, R93 000 vir 20 T-hemde, R36 300 vir die ontwerp van ‘n briefhoof en R58 400 vir fotografie-dienste vir een dag.

Foto: The Citizen

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende