Sal wette op ‘n stuk papier werklik ‘n verskil maak?


Luister nou

Volgende

Sal wette op ‘n stuk papier werklik ‘n verskil maak?

Nuuskommentaar: 11 Julie 2022

Deur: Mari Oosthuizen

Die afgelope twee weke is die nuus oorheers deur mense wat dood is by verskeie tavernes landswyd.

In die jongste voorval is 15 mense vroeg Sondagoggend in die Mdlalose Taverne in Soweto doodgeskiet toe ‘n groep mans op kliënte losgebrand het. Die slagoffers was tussen 19- en 35 jaar oud.

Op 26 Junie is 21 jongmense in die Enyobeni Taverne in Oos-Londen op ‘n onverklaarbare wyse oorlede. Die groep kinders het ‘n partytjie gehou om die einde van die eksamen te vier. Die jongste slagoffer was 13 jaar oud.

Ná beide hierdie voorvalle het die minister van polisie, Bheki Cele die tonele en die naasbestaandes van die oorledens besoek – en vir waarskynlik die eerste keer in die openbaar kon die menslike kant van die minister gesien word toe hy tydens ‘n onderhoud trane gestort het oor die gebeure.

My vraag is egter, is dit nie té laat vir trane nie? Hoekom moet 36 jongmense eers hulle lewens verloor voordat daar daadwerklik opgetree word.

Dit is geen geheim dat wetteloosheid in die land ‘n reuse probleem is nie, maar die feit is egter dat Suid-Afrika nié wetteloos is nie. Ons het – op papier – goeie wette wat nodig is om hiermee te handel.

Hierdie wette – op papier – beteken egter niks as dit nie geïmplimenteer word nie.

In die geval van die skietery die afgelope naweek het gemeenskapslede aan polisiebeamptes gesê dat hulle nie geskrik het toe hulle die geweerskote gehoor het nie, omdat “dit al so deel geword het van hul alledaagse lewens.” Luidens die mees onlangse moordstatistiek, wat deur die polisie bekend gemaak is, is meer as 6 000 mense tussen Januarie en Maart 2022 vermoor.

Teen die einde van die 2020/2021-boekjaar was daar ongeveer 182 000 polisiebeamptes in Suid-Afrika en 1 154 polisiekantore. Ek verstaan die polisie het sy uitdagings, begrotingsbesnoeiings, stukkende voertuie en oproerige Suid-Afrikaners, maar sal die hoë voorkoms van misdaad en moord ooit tot ‘n einde kom indien polisiebeamptes nié hulle werk doen nie?

In die geval van die Enyobeni taverne-tragedie was daar kinders tussen 13- en 17 jaar oud in die taverne. President Cyril Ramaphosa het tydens die afgelope massa-begrafnis gesê dat drankmisbruik in die land ‘n reuse probleem is, sóveel meer onder minderjariges.

Hy het ook ‘n reuse debat veroorsaak toe hy voorstel dat die wettige ouderdom vir drankverbruik van 18 na 21 verhoog word.

Watter verskil sou dit maak? Die huidige wettige ouderdom kon nie daarin slaag om 13-jariges te keer om alkohol te misbruik nie, watter verskil sal 21 maak?

Dit bring my terug na my oorspronklike argument. Ons kan van die wêreld se beste wette hê, maar as die reëls gebuig word namate die betrokke persone of gegewe die situasie of omgewing, watter verskil sal dit maak?

Miskien moet die regering en wetstoepassers ‘n blaadjie uit my ma se boek van dissipline neem: “As sy die reëls vasgestel het, was dit so – maak nie saak wat ek daarvan gedink het nie. Weet, het ek geweet dat ‘n straf sou wag indien ek dit nie gehoorsaam het nie.”

Dis eintlik heel eenvoudig ons regering kies egter om die ingewikkeld te maak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Sal wette op ‘n stuk papier werklik ‘n verskil maak?


Luister nou

Volgende