4 Maart 2022
‘n Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het vandag vir die eerste keer in twee jaar by die Durbanse King Shaka Internasionale Lughawe geland.
Volgens die Business Insider is dit die eerste vlug tussen die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg en Durban, waarvoor passasiers betaal sedert die begin van die Covid-19-pandemie in Maart 2020.
Die SAL het in September verlede jaar van sy vlugte hervat, nadat Takatso Konsortium aanboord gekom het as ‘n strategiese vennoot, wat nou 51% van die lugdiens besit. Sedert die SAL uit sakeredding is, het hy roetes na Accra, Kinshasa, Harare, Lusaka, Lagos, en Mauritius by sy vlugroetes bygevoeg.
Die ludiens vlieg egter nog nie na ander internasionale bestemmings nie en het tot vandag toe net op vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad gefokus.
Intussen is videos wyd op sosiale media versprei van die vliegtuig wat met sy landing in Durban met ‘n spesiale waterkanonsaluut verwelkom is.