7 Februarie 2022
Die bestuurder van die Porsche sportnutsvoertuig wat daarvan aangekla word dat hy twee fietsryers in Lanseria raakgery het, is in die Randburgse landdroshof op eie verantwoordelikheid vrygelaat tot sy volgende verskyning op 18 Mei.

LEES OOK: BESTUURDER MAANDAG IN HOF NÁ FIETSRYERS RAAKGERY IS
Die 51-jarige André Piehl is dood nadat hy sowat 400 meter ver gesleep is. Sy 60-jarige vriend, Jean du Preez is ernstig beseer en word steeds in ‘n Johannesburgse-hospitaal behandel.
Kabelo Nyatlo (30), word van strafbare manslag, roekelose- en dronkbestuur aangekla en moet ook verantwoording doen omdat hy glo die botsingstoneel verlaat het.

LEES OOK: REGSFIRMA STAAN FAMILIE VAN FIETSRYERS BY NA MOTORIS HULLE RAAKRY
Nyatlo het in die hof verskyn nadat ‘n regsfirma – wat namens die twee fietsryers se naasbestaandes optree – ‘n ooreenkoms met aanklaers en die verdediging bereik het.
30-year-old Kabelo Nyatlo (black cap) leaving court. He is facing charges of Culpable homicide, negligent driving, failing to render assistance, driving under the influence, after allegedly knocking over 2 cyclists. pic.twitter.com/loeO4B29bM
— African Child (@ZikhonaTshona) February 7, 2022