Saterdag met Pieter

Saterdae
11:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

SAID: Nog geen datum vir nuwe belasting op Shein, Temu nie

8 Augustus 2024

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sê ‘n datum moet nog vasgestel word vir die instel van 45%-invoertariewe – plus BTW – op kleinmaat klere-invoere van Chinese handelsmerke soos Shein en Temu.

‘n Woordvoerder van die SAID, Siphithi Sibeko, sê die agentskap is nog besig om met rolspelers in die bedryf te konsulteer voordat die tarief op ingevoerde klere, tekstiele en skoene – wat minder as R500 kos – verhoog word.

Sibeko sê die agentskap wil nie eensydig op ‘n datum besluit nie. Hy sê dit wil voorkom asof daar verwarring is oor wanneer dié tariewe in werking gaan tree, met sommige verbruikers wat glo dat dit reeds in werking getree het.

Suid-Afrika se sukkelende klerebedryf doen reeds lank ‘n beroep op die regering en die inkomstediens om strenger op te tree teen Shein, Temu en soortgelyke handelsmerke, omdat hulle nie noodwendig aan dieselfde belastingvoorwaardes voldoen nie.

Tans is dié handelsmerke se invoerbelasting tot 20% minder as ander handelsmerke.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Saterdag met Pieter

Saterdae
11:00 - 16:00

Luister nou

Volgende