7 Februarie 2022
Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid, SAHPRA, het nóg twee Covid-19 entstowwe in Suid-Afrika geregistreer.
Een van dié entstowwe is die Chinees-vervaardigde Sinopharm-entstof wat in twee dosisse – twee- tot vier weke uitmekaar – toegedien word.
Die tweede entstof – wat deur Pfizer vervaardig word – gebruik bRNS-tegnologie.
Die Cominarty-entstof gebruik die tegnologie – wat die kode dra om SARS-CoV-2 se berugte stekelrige proteïen te maak.
Die boodskapper-RNS entstof – wat die molekule is wat die DNS instruksie in werking stel – is goedgekeur vir pasiënte ouer as twaalf jaar.
SAHPRA het aangedui dat finale magtiging van dié entstof steeds onderhewig is aan ‘n aantal voorwaardes – wat insluit – dat die entstof verskaf en toegedien word in ooreenstemming met die Nasionale Covid-19-inentingsprogram.
SAHPRA CEO on full authorisation of two new vaccines https://t.co/UNPh5Y8RsP via @YouTube
— SAHPRA (@SAHPRA1) February 7, 2022
Media Release: SAHPRA registers two COVID-19 vaccines [Follow thread]
— SAHPRA (@SAHPRA1) February 7, 2022
Find out more: https://t.co/ccEc0D6SIM