Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Sahpra bevestig eerste sterfte ná entstof

4 Augustus 2022

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid (SAHPRA), sê hulle het bewus geraak van ‘n sterfte, wat direk verbind kan word aan die Covid-19-entstof, Janssen.

Sahpra het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou waarin hulle die voorval bespreek het. Volgens die organisasie is die betrokke persoon met Guillian-Barré Sindroom (GBS) gediagnoseer nadat hy/ sy met die Janssen entstof ingeënt is.

Weens dokter pasiënt vertroulikheid kan die persoon se ouderdom en sy tuis-provinsie nie bevestig word nie.

GBS is ‘n seldsame afwyking waarin die persoon se immuunstelsel sy senuwees aanval. Die eerste simptome is ‘n prikkelende gevoel in die hande en voete, en versprei vinnig na die res van die liggaam.

Prof. Hannelie Meyer, verbonde aan Sahpra het verduidelik dat ‘n Nasionale Inentingsveiligheidskomitee (NISEC) op die been gebring is en dat hulle die GBS-geval ondersoek het.

Die Janssen-maatskappy, wat die Janssen entstof ontwikkel het, het in Oktober 2021 ‘n kennisgewing uitgereik waarin hulle sy gebruikers ingelig het van die risiko’s verbonde aan dié entstof. Volgens die kennisgewing is daar gevalle van immuun trombositopenie (ITP) en veneuse trombo-embolisme (VTE) aangemeld.

Sahpra sê hulle moedig steeds mense aan om die Covid-19-inenting te kry omdat die voordele steeds meer is as die risiko’s.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

Ander Nuus Artikels

South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende