9 Junie 2022
Die saak teen die vermeende parlement-brandstigter, Zandile Mafe is ‘n kort ruk gelede in die Kaapstadse landdroshof tot 12 Augustus uitgestel.
Die 49-jarige Mafe het vanoggend vlugtig in die hof verskyn waar die aanklag van terreur teen hom, bevestig is. Die saak sal ook nou na die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad oorgeplaas word.
Mafe is sedert die brand op 2 Januarie in polisieaanhouding nadat verskeie aansoeke om borgtog misluk het. Hy voer steeds aan dat hy onskuldig is.
Die Nasionale Vervolginsgesag se woordvoerder, Eric Ntabazalila sê die staat het ook die magtigingsertifikaat ontvang sodat Mafe van terreur aangekla kan word.