Saak teen voormalige minister uitgestel


Luister nou

Volgende

Saak teen voormalige minister uitgestel

3 Oktober 2024

Die korrupsiesaak teen die voormalige minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, en sy medebeskuldigde, Jehan Mackay, is tot die 24ste Oktober uitgestel.

Dit volg nadat dié twee vandag vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn het.

Kodwa word daarvan aangekla dat hy omkoopgeld ter waarde van R1,7-miljoen van Mackay ontvang het in ruil vir staatstenders.

Mackay het vertoë gerig om die bedrog- en korrupsiebewerings teen hom te laat vaar.

Met Kodwa se laaste verskyning het sy regsadviseur sy ontevredenheid oor die voortdurende vertragings uitgespreek.

Kodwa se advokaat het egter gedreig om ‘n aansoek vir ‘n skeiding van die twee se verhore te bring, weens die vertragings.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Saak teen voormalige minister uitgestel


Luister nou

Volgende