Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Saak teen vermeende brandstigter van die parlement tot Januarie uitgestel

4 November 2022

Prokureurs vir die beweerde brandstigter van die Parlementsgebou, Zandile Christmas Mafe, sê hulle sal dit oorweeg om hom vir sielkundige evaluering te verwys, maar is nog nie gereed om met die verhoor voort te gaan nie.

Mafe was in die hooggeregshof in Kaapstad vir die voorverhoorverrigtinge, nadat hy by vorige geleenthede versuim het om te verskyn en ook aan ‘n eetstaking deelgeneem het.

LEES OOK: SAAK TEEN ZANDILE MAFE UITGESTEL

Sy regspan het vroeër vanjaar suksesvol teen ‘n hofbeslissing appèl aangeteken wat beveel het dat hy vir dertig dae na die Falkenberg hospitaal gestuur word vir sielkundige waarneming.

Hy is in hegtenis geneem nadat ‘n brand in Januarie by die Parlement uitgebreek het, en na raming meer as R2-miljard skade aangerig het.

LEES OOK: DEPARTEMENT WEIER ‘N KETEL VIR “CHRISTMAS”

Die brand het groot dele van die Nasionale Vergadering in puin gelê en groot skade aan ander gebiede aangerig.

Mafe staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend brandstigting, terrorisme en diefstal. Hy bly in aanhouding tot sy volgende verskyning op die 27e Januarie volgende jaar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende