30 April 2021
Die speaker in die parlement, Thandi Modise se aansoek dat die aanklagte van dierewreedheid teen haar teruggetrek word, is in die Potchefstroomse streekhof toegestaan.
Dit kom nadat die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings, oftewel NRDBV Modise se plaas in 2014 besoek het en talle diere in haglike toestande gevind het. Meer as 200 van dié diere het ook reeds weens hongerte gevrek.
Comrades, this is what mhe Thandi Modise did to animals. Her neglect resulted in these pigs starving to the extent of eating each other. Ooh by the way, she chairs SA's National parliament. pic.twitter.com/qLYT48gySu
— Manikivana (@Manikipi) April 30, 2021
AfriForum se privaat vervolgingseenheid het die NRDBV verteenwoordig in die saak.
National Assembly speaker Thandi Modise, acquitted by Potchfstroom regional Court on the 6 charges of animal cruelty @Newzroom405 pic.twitter.com/nxSJlNL08F
— Bafedile Moerane (@moeraneb14) April 30, 2021
Modise se regsverteenwoordiger, advokaat Dali Mpofu het ‘n aansoek ingedien sodat die minstens ses aanklagte teen die speaker teruggetrek kan word. Volgens hom het sy nié geweet van die toestand waarin die diere was nie omdat sy ‘n plaasbestuurder aangestel het om na die diere om te sien.
Die hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, advokaat Gerrie Nel meen as eienaar van die plaas naby Potchefstroom was sy die enigste een wat die lyding van die diere kon voorkom.
Hy meen dit kan nie wees dat sy nie van die diere se lyding geweet het nie omdat sy dit moes kon voorsien.
Modise het na die uitspraak gesê dat sy ‘n moeilike sewe jaar agter die rug het.
#AnimalCruelty NA Speaker Thandi Modise says she's relieved and it's been a tough 7 years. pic.twitter.com/ONOuD4zmZJ
— Khayelihle Rafiq Khumalo-James (@KhayaJames) April 30, 2021