Saterdag met Pieter

Saterdae
11:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Saak teen Thabo Bester tot Junie uitgestel

16 Mei 2023

Die sogenaamde Facebook-verkragter, Thabo Bester het vanoggend virtueel in die landdroshof in Bloemfontein verskyn vir sy borgtogaansoek.

Hy is tans in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria. Volgens berigte was hy aanvanklik baie ongelukkig omdat hy virtueel moet verskyn, en dat hy nie self in die hof kan wees nie.

LEES OOK: “FACEBOOK VERKRAGTER” ONTSNAP AS “TRONKBEWAARDER”

Sy prokureur, Ryan Ishmail het ook vanoggend as sy regsverteenwoordiger onttrek. Volgens hom het hy reeds ‘n nuwe regsverteenwoordiger, advokaat Tsoeunyane Phela aangestel. Volgens Phela het hulle die virtuele verskyning teengestaan.

Phela het gevra dat die saak tot Woensdag uitgestel word, sodat Bester na die hof gebring kan word.

Die staatsaanklaer, Sello Matlhoko sê hy verstaan dit egter nie omdat Bester se regsverteenwoordigers reeds vroeër ingelig is dat hy virtueel sal verskyn. Sy saak is tot 20 Junie uitgestel.

LEES OOK: LIGGAAM IN SEL IS ONREGMATIG DEUR “FACEBOOK-VERKRAGTER” SE VRIENDIN OPGEËIS

Sy vriendin, dr Nandipha Magudumana het virtueel verskyn, en haar saak is ook tot 20 Junie uitgestel. Haar pa, Cornelius Sekeleni is reeds vroeër op borgtog vrygelaat, maar verskyn ook vandag in die hof.

Die ander beskuldigdes is die voormalige tronkbewaarder van G4S, Senohe Matsoara, ‘n kringtelevisie-tegnikus, Teboho Lipholo, ‘n veiligheidswag van die tronk, Motenyane Masukela, en twee voormalige G4S-werknemers, Tieho Makhotsa en Natassja Jansen. Hulle borgtogaansoeke word vandag aangehoor.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

VSA EN SA

Eerste Afrikaner-vlugtelinge op pad Amerika toe, maar wat is die plan nou eintlik?

kleinfontein2

EFF-optog na Kleinfontein: Hoë polisie-voorkoms in Kleinfontein is oordrewe, sê EFF

494176549_678769244799837_2127636851668020320_n

Limpopo-boer op sy plaas vermoor

Gp3XkDuWYAAKpew

Werkersdag: “Ons moet dink aan die miljoene werklose mense”

Gp2eaDAXkAAip5x

44 Ethiopiese burgers uit Sandton-huis gered

Ander Nuus Artikels

Kristof Slagmulder
Mosie oor Malema eersdaags in Vlaamse parlement gedebatteer
x-1170x600
X-gebruiker vrees vir lewe ná News24-artikel
Eie rigting
Ope brief aan Adriaan Basson
VSA EN SA
Eerste Afrikaner-vlugtelinge op pad Amerika toe, maar wat is die plan nou eintlik?
kleinfontein2
EFF-optog na Kleinfontein: Hoë polisie-voorkoms in Kleinfontein is oordrewe, sê EFF

Saterdag met Pieter

Saterdae
11:00 - 16:00

Luister nou

Volgende