4 Augustus 2022
Die verhoor van ‘n persoon, wat daarvan beskuldig word dat hy geweld in Julie verlede jaar aangehits het, is in die Pietermaritzburg-landdroshof uitgestel.
Mdumiseni Zuma het vanoggend in die hof verskyn nadat hy na bewering tydens die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng mense op sosiale media aangehits het om die Brookside inkopiesentrum in Pietermaritzburg aan die brand te steek.
Die verhoor was veronderstel om vandag te begin en tot môre te duur, maar Zuma se regsverteenwoordiger het aangevoer dat hy nie gereed is om met die verhoor voor te gaan nie.
Zuma is sedert sy inhegtenisneming in Augustus verlede jaar in polisieaanhouding nadat sy borgtogaansoek misluk het. Die verhoor begin nou op 1 September.