Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Saak teen Dundee-boer uitgestel tot Desember

25 November 2021

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hy is bekommerd oor die hof se hantering van Garth Simpson (68), ’n boer van Dundee, se borgaansoek.

Simpson word daarvan beskuldig dat hy die 17-jarige Qiniso Dlamini in September op sy plaas, Uithoek naby Glencoe doodgeskiet het. Die staat het vroeër aangevoer dat Simpson die seun koelbloedig vermoor het. ‘n Video van die voorval wys egter dat Dlamini tydens ‘n struweling met Garth geskiet is, en dat hy eers ‘n waarskuwingskoot afgevuur het.

LEES OOK: DUNDEE-BOER SE FAMILIE VREES VIR HUL LEWE NÁ SKIETVOORVAL

Dlamini en vier ander mense was glo op die plaas om verlore beeste – volgens hulle – te gaan haal.

Volgens die AfriForum se veldtogtebestuurder, Jacques Broodryk het die hof meer as ’n maand geneem om die oorkonde aan AfriForum se regspan te oorhandig sodat die appèlaansoek opgestel kan word teen die hof se besluit om Simpson borgtog te weier. 

Volgens Broodryk is AfriForum van mening dat die redes wat aangevoer is vir die weiering van borgtog onvoldoende is. Die hof het onder andere aangevoer dat hy die borgaansoek van die hand wys vir Simpson se eie veiligheid.

LEES OOK: GEMOEDERE LOOP HOOG BUITE HOF WAAR DUNDEE-BOER VERSKYN

Die saak het vandag weer voorgekom vir die oorhandiging van die ballistiese verslae. Broodryk sê die saak is uitgestel na 14 Desember sodat die staatsaanklaer die dossier kan finaliseer.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Indoors,Chicken,Farm,,Chicken,Feeding

350 000 uitgehongerde hoenders in minder as ‘n week van kant gemaak

weskoppies

Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word

eikenhof

AfriForum Jeug bring PAIA-aansoek oor NWU se ondersoek ná beweerde “sangoma-ritueel”

ramaphosa-signs-NHI-Bill-into-law-NEW-CCV-XXX

Ramaphosa se ondertekening van NGV mag ingevolge hofbeslissing hersien word

Untitled design (1)

Boksburg-man dood na kroeg-aanranding

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
SA se enigste rybewys-drukker dalk binnekort herstel
GqNVwjBWcAANx_z
“Ons sal transformasie in hul kele afdwing,” sê minister
GqVSQ0XXsAEMZ2w
Spanning tussen Indië en Pakistan loop hoog
Indoors,Chicken,Farm,,Chicken,Feeding
350 000 uitgehongerde hoenders in minder as ‘n week van kant gemaak
weskoppies
Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende