1 Augustus 2022
Oud-president Jacob Zuma se korrupsiesaak, wat verband hou met die omstrede wapenskandaal is voorlopig tot 17 Oktober uitgestel.
LEES OOK: ZUMA-SAAK WÉÉR UITGESTEL
Die saak kon vir die soveelste keer nie voortgaan nie hangende Zuma se aansoek om die staatsaanklaer, advokaat Billy Downer van sy saak te verwyder. Hy meen Downer is bevooroordeeld teenoor hom.
Regter Piet Koen het die saak uitgestel hangende die aansoek wat eers in die Grondwethof aangehoor moet word.
Zuma was nie self in die hof nie.