“SA sal nié kant kies in oorlogsituasie tussen Rusland en Oekraïne nie,” sê Ramaphosa in nuusbrief


Luister nou

Volgende

“SA sal nié kant kies in oorlogsituasie tussen Rusland en Oekraïne nie,” sê Ramaphosa in nuusbrief

15 Mei 2023

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal nie kant kies in die oorlogstryd tussen Oekraïne en Rusland nie. 

Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief dat daar toenemend druk op Suid-Afrika geplaas is om kant te kies sedert die konflik tussen Rusland en Oekraïne in Februarie 2022 uitgebreek het. 

Dit kom nadat Amerika se ambassadeur na Suid-Afrika, Reuben Brigety, tydens ‘n mediakonferensie verlede week beweer het dat Suid-Afrika wapens en ammunisie aan Rusland verskaf het.

LEES OOK: LANDE WAT RUSLAND BEWAPEN IS MEDEPLIGTIG, SÊ ZELENSKI

Ramaphosa meen net omdat Suid-Afrika nie ‘n kant kies nie, beteken nie dat hulle nie ‘n standpunt ingeneem het oor die oorlogsituasie nie.

Volgens hom glo Suid-Afrika steeds in die vreedsame oplossing van konflik deur dialoog. Hy het weer beaam dat Suid-Afrika die bewerings van Brigety sal ondersoek. 

Hy meen hy sal nie toelaat dat die regering geboelie word om ‘n keuse te maak nie. Volgens hom beleef ander Afrika-lande dieselfde druk om kante te kies.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

“SA sal nié kant kies in oorlogsituasie tussen Rusland en Oekraïne nie,” sê Ramaphosa in nuusbrief


Luister nou

Volgende