Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

SA regering teken appèl aan oor verbode middels

10 Oktober 2023

Die Suid-Afrikaanse regering het appèl aangeteken teen die besluit dat die land nie voldoen aan die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (WADA) se vereistes nie.

Die minister van sport, kuns en kultuur Zizi Kodwa het dit vandag tydens ‘n mediakonferensie bevestig.

WADA se voldoeningskomitee het in September opdrag gegee dat Suid-Afrika voor 13 Oktober sy wetgewing rakende die gebruik van verbode middels moet wysig, om te voldoen aan die vereistes.

Indien daar nie aan die vereistes voldoen word nie, verloor Suid-Afrikaanse sportspanne die voorreg om onder hul eie landsvlag deel te neem aan groot sportgeleenthede, en verloor Suid-Afrika ook die reg om gasheer te speel vir toekomstige toernooie.

Suid-Afrika se wetgewing is in 2022 deur WADA geoudit, en daar is toe bevind dat daar sekere tekortkominge is.

Die agentskap se kode is al in 2021 opgedateer, en Suid-Afrika het dus twee jaar gehad om sy eie wetgewing te wysig. Dit blyk egter of iemand gesloer het om die wetgewing te wysig en goedgekeur te kry.

Oor die gesloer het Kodwa gesê dat daar ondersoek ingestel sál word.

“Ons gaan nie spekuleer oor wat gebeur het nie. Die ondersoek moet vasstel hoekom daar nie vroeër opgetree is nie” het Kodwa gesê.

Kodwa sê ook die besluit om te appelleer is nie om die proses net langer uit te rek nie, maar eerder om ‘n permanente oplossing te vind.

“Ons wil die nie-nakoming oplos. Ons verbintenis teen die gebruik van opkikkers moet nie bevraagteken word nie” het hy gesê.

Die wysigings is reeds deur die kabinet goedgekeur, maar moet nou deur die parlement verwerk word.

Die proses kan na raming nog tot Mei volgende jaar duur, omdat dit ook onderwerp moet word aan ‘n openbare deelname proses.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende