15 November 2021
Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes is van mening dat die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, se siening oor Suid-Afrika se deelname aan die Mej. Heelal-kompetisie ‘n minderheidsiening verteenwoordig.
Mthethwa het ʼn verklaring uitgereik waarin hy sê dat die regering sy steun aan die Mej. Suid-Afrika-organisasie onttrek ná vrugtelose pogings om die organisasie te oorreed om nié aan die internasionale kompetisie in Desember in Israel deel te neem nie.
Die ANC het egter Mthethwa se aankondiging verwelkom.
Die SAJRA se nasionale direkteur, Wendy Kahn sê die protes teen Lalela Mswane, die huidige Mej. Suid-Afrika, se deelname aan die kompetisie het maar ʼn handjievol aktiviste gelok, en dat ’n peiling wat Donderdagaand deur Newzroom Afrika gedoen is, ’n meerderheid van byna twee teen een ten gunste van haar deelname getoon het.
[Read] Government has withdrawn its support and that of South Africa for the #MissSA pageant after unsuccessful consultations on persuading the pageant to reconsider its decision to partake in the Miss Universe event scheduled to be held in Israel https://t.co/RZuN2iLYke pic.twitter.com/mOPIHD7zFh
— @SAgovnews (@SAgovnews) November 15, 2021
South Africa has withdrawn its support for Lalela Mswane after she refused to pull out of Miss Universe pageant which will be held in Israeli apartheid next month. #BoycottMissUniverse pic.twitter.com/EQnnnruGr6
— V PALESTINE 🇵🇸 (@V_Palestine20) November 14, 2021
Stem vir die Aitsa’s