14 September 2022
Die plaaslike lugdiens, SA Express se vlerke is finaal geknip deur die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg.
Die hooggeregshof het vanoggend die finale likwidasiebevel sonder enige teenkanting oorhandig. Dit kom nadat die voorlopige likwidateurs ‘n aansoek by die hooggeregshof ingedien het en meen daar is geen tekens dat SA Express gered kan word nie.
SA Express se vlugte is sedert April 2020 gekanselleer nadat die lugdiens onder voorlopige likwidasie geplaas is.
Dit na onsuksesvolle pogings om die lugdiens te red. Daar was ook pogings om die lugdiens te verkoop, maar sonder enige belangstelling.