Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

SA by ’n kruispad oor kaderontplooiing

Nuuskommentaar: 19 Oktober 2022

Deur: Dr. Eugene Brink

Enige regering ter wêreld maak van hul eie lojaliste gebruik met aanstellings terwyl hulle mag behou. In selfs die mees liberale en vrye lande wil partye mense aanstel om uitvoer aan hul ideologie en prioriteite te gee.

Daar is verskillende permutasies wat hulself dan uitspeel. In die meeste van die Westerse wêreld is die politieke partye se sieninge nie te ver van mekaar verwyderd nie en die oorgang, wat straks gereeld gebeur weens die mededingende aard van hul politiek, is redelik ongestoord. Die nuwe mense sien miskien die wêreld anders, maar hulle is by uitstek bevoeg en nie korrup nie. In ander wêrelddele, soos byvoorbeeld die ontwikkelende lande, is die teenoorgestelde grootliks waar: Een groep onbevoegde en korrupte amptenary en ampsdraers word deur ewe swak en ontaarde funksionarisse vervang. Verbetering is dus nie moontlik nie en die status quo bly geld. Vrot appels word stellig nie eens vervang met sulke oorgange nie.

Suid-Afrika gaan ook gebuk onder hierdie kastyding, maar is ook uniek in die ontwikkelende wêreld in sekere opsigte. In 1994 het die ANC ’n Eerste Wêreld-staat geërf wat kennelik ook baie probleme gehad het. In hul drang om die staat solank te transformeer, het hulle na aanleiding van hul kommunistiese eweknieë in ander lande –  vernaam China – begin om kaders in die staat te ontplooi om sodoende hul magsgreep te versterk. Maar waar dit in China, wat anders as Suid-Afrika boonop ’n kommunistiese diktatuur is, altyd met meriete en werksopleiding gepaard gegaan het, het die ANC bloot ongekwalifiseerde mense oral aangestel. Hulle was immers nie daar om te doen wat hulle werklik in daardie poste moes doen nie, maar om partybelange te dien.

Hierdie mense word slegs afgedank as die politieke en openbare druk oor iets soos korrupsie nie langer geïgnoreer kan word nie. Die praktyk van kaderontplooiing is strydig met ’n goeie regering en dit het mettertyd sy tol begin eis – veral in munisipaliteite.

Senzo Mchunu, voormalige minister van Openbare Staatsdiens en Administrasie, het in April 2021 in ’n parlementêre antwoord aangetoon dat uit 9477 senior bestuurders in verskeie staatsdepartemente, 3 301 nie oor die vereiste kwalifikasies beskik nie. Daar is ook tydens ’n onlangse kundigheidsoudit deur die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake bevind dat 300 raadslede in KwaZulu-Natal nie eens kan lees en skryf nie. Altesame 34% het ook net ’n jaar se werksondervinding.

Hierdie skokkende maar tog onverrassende gegewens het tragiese gevolge. Dit beteken dat die mense wat veronderstel is om deur verskeie staatsdepartmente en munisipaliteite bedien te word, aan die kortste ent trek. In 2021 het die Departement van Samewerkende Regering berig dat 64 munisipaliteite heeltemal wanfunksioneel is. Dit kan egter selfs hoër wees. In Junie 2017 was agt munisipaliteite onder provinsiale administrasie. Dit het uitgebrei tot 23 in Junie 2021 en 33 in Februarie 2022. Omdat mense binne die ANC om poste wedywer, is konflik, spanning en politieke moorde aan die orde van die dag – veral in die aanloop tot verkiesings.

Suid-Afrika het wel die oorgang van ’n grotendeels Eerste Wêreld-staat na ’n Derde Wêreld-staat sowat 30 jaar gelede gemaak en die agteruitgang was onafwendbaar. Maar anders as in feitlik alle ander ontwikkelende lande is daar nog baie etiese kundigheid oor in Suid-Afrika. Weens kaderontplooiing en ras-redes word hulle eenvoudig nie gebruik nie, behalwe in die Wes-Kaap. Suid-Afrika staan voor ’n kruispad: Raak van kaderontplooiing ontslae of staar verdere agteruitgang in die gesig.     

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende