5 Februarie 2024
Die Nasionale Tesourie se mees onlangse data gee die duidelikste aanduiding nog dat staatsfinansies in ‘n slegte toestand is.
Hiervolgens het die begrotingstekort van 5,7% in November, tot 6% in Desember gestyg.
Volgens inligting van die departement dui dit daarop dat dit die grootste tekort in meer as twee jaar was.
Op die vooraand van die minister van finansies, Enoch Godongwana se begrotingsrede is ekonome dit eens dat dit meer druk op die minister gaan plaas om die begroting te laat klop – en dit boonop in ‘n verkiesingsjaar.
In November het die goewerneur van die reserwebank, Lesetja Kganyago aan Bloomberg gesê dat die sentrale bank met die tesourie in gesprek is om reserwes oor te dra om die regering se groeiende begrotingstekort mee te finansier.