SA ambassadeur uit Amerika geskop


Luister nou

Volgende

SA ambassadeur uit Amerika geskop

15 Maart 2025

Die minister van buitelandse sake in Amerika, Marco Rubio het aangekondig dat Suid-Afrika se ambassadeur in die Verenigde State, Ebrahim Rasool, nie meer welkom is nie.

Hy het op sosiale media teen Rasool uitgevaar en meen Rasool is ‘n rassistiese politikus wat Amerika en vir president Donald Trump haat.

Die presidensie het alle belanghebbendes gevra om diplomatieke welvoeglikheid  in hulle reaksie op die aangeleentheid te behou en meen Suid-Afrika bly verbind tot die bou van ‘n wedersydse voordelige verhouding met Amerika.

Die leier van die VF Plus, dr. Corné Mulder het in reaksie gesê Amerika het met dié skuif ‘n duidelike finale streep in die sand getrek.

Mulder meen dis duidelik dat die ANC tot nou toe nie die erns van Suid-Afrika se verhoudingsbreuk met Amerika en die gevolge van sy teen-Amerikaanse ingesteldheid besef nie.

Hy sê dit is verstommend dat Rasool in die eerste plek as ambassadeur na Amerika gestuur is, gegewe sy mediabeeld as simpatiseerder met terreurorganisasies soos Hamas en Hezbollah en sy anti-Israel-ideologie.

Die burgerregteorganisasie AfriForum se se hoof uitvoerende beampte, Kallie Kriel het op sý beurt gesê die ANC-leiers en hulle ontplooide kaders, soos Rasool, moet verantwoordelik gehou word vir die krisis wat hulle tussen Suid-Afrika en Amerika veroorsaak het.

Foto: AP Photo/Cliff Owen

4 Responses

  1. Rasool moet aangekla word vir hoog verraad teen die mense van SA vir sy duidelike arrogansie wat hy op openbare platforms uiter teenoor amerika en tot naderl van SA. Hy het duidelik die wil van die anc uitgespreek wat hulle teenoor Trump openbaar met rassisme soos teenoor die witvolke van die wereld. Verstaan hulle nog nie hoe internasionale politiek werk nie

  2. SPREUKE 16:18 – AFR53

    Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.

    GALÁSIËRS 6:8 – AFR53

    Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

    Dié ANC se skip is besig om vinniger te sink as die TITANIC.
    ANC hou vas aan hulle voorvaders wat slegs in demone bestaan.
    ANC se skrif is aan dié muur en hulle is te lig gevind.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater

VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

Ander Nuus Artikels

ENOCH
Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging
pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

SA ambassadeur uit Amerika geskop


Luister nou

Volgende