11 Mei 2021
Minstens sewe kinders – vier seuns en drie meisies – is dood tydens ‘n skietvoorval vroeër vanoggend by ‘n skool in Kazan in die suidweste van Rusland.
Die getal sterftes verskil, maar luidens plaaslike media is ‘n onderwyser ook dood, wat die totale sterftesyfer tot op minstens agt te staan bring.
21 mense – onder wie agt kinders – is beseer en moes in verskeie hospitale opgeneem word. Ses van die kinders moes volgens berigte in die intensiewe-sorgeenheid opgeneem word.
Die president van die Russiese republiek van Tatarstan, Roestam Minnichanof het buite die skool gesê dat ‘n 19-jarige verdagte reeds op die toneel in hegtenis geneem is. Hy het glo ‘n gelisensieerde vuurwapen by hom gehad.
Die verdagte is glo ‘n oud-leerling van die skool. Die moontlikheid of nog mense by die aanval betrokke was, word tans ondersoek.
Videos van vreesbevange leerlinge, wat uit vensters spring is op sosiale media gedeel.