3 Maart 2022
Die Russiese inval van Oekraïne het die Suid-Afrikaanse miljardêr, Johann Rupert reeds duur te staan gekom.
Oliepryse het drasties toegeneem, terwyl die Russiese geldeenheid, die Ruble in duie gestort het. Luidens die Bloomberg Billionairs indeks het die Rupert familie se rykdom sedert 24 Februarie met ongeveer $1-miljard of R18,8-miljard rand ingekrimp.
Dié indeks publiseer elke dag data oor die 500 rykste mense in die wêreld. Rupert is die stigter van die Switserse luukse goedere beheermaatskappy, Richemont. Volgens Bloomberg is welaf Russiese individue verantwoordelik vir tussen 5- en 7% van wêreldwye besteding aan luukse goedere.
Dit is egter nie net Rupert wat erg geraak word nie. Die uitvoerende hoof van Tesla, Elon Musk se totale rykdom het ook reeds met 18% ingekrimp sedert Rusland ‘n week gelede Oekraïne binnegeval het.