Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Rusland grootste verloorder soos oorlog voortduur

Nuuskommentaar: 12 Desember 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Gedurende ʼn beraad van Asiatiese leiers in September het die Russiese president Wladimir Poetin aan die Indiese eerste minister Narendra Modi gesê dat hy wil sien dat die oorlog in Oekraïne so gou moontlik beëindig word. Verlede week het Poetin op Russiese televisie gesê dat hy verwag dat die oorlog nog vir lank kan voortduur.

Binne enkele weke nadat Rusland aan die einde van Februarie vanjaar Oekraïne aangeval het, het die Russe daarin geslaag om sowat 25% van Oekraïne se grondgebied, hoofsaaklik in die suide en ooste van die land, te beset. Die afgelope twee maande het die weermag van Oekraïne byna die helfte van hierdie besette gebiede bevry.

Verlede week is Oekraïne se president, Wolodimir Zelensky, deur die internasionale nuustydskrif Time as 2022 se persoon van die jaar aangewys. Die afgelope 38 jaar wys die konserwatiewe Britse nuustydskrif The Spectator elke jaar ʼn Britse parlementariër van die jaar aan. Verlede week het dié publikasie aangekondig dat Zelensky vanjaar dié toekenning kry. The Spectator se redaksie verdedig dié uitsondering aan die hand van wat hulle Zelensky se inspirasie vir demokrate wêreldwyd beskryf.

Kort voor die uitbreek van die oorlog vroeër vanjaar het Zelensky die steun van minder as ʼn derde van Oekraïne se burgers geniet. Oekraïne is as ʼn korrupte en verswakte staat bestempel. Sedert die uitbreek van die oorlog het die situasie dramaties verander.

Die afgelope nege maande se oorlog het vernietigende gevolge vir miljoene mense in Oekraïne gehad. Sowat 8 miljoen van die 43 miljoen Oekraïense burgers het uit hulle land gevlug en bevind hulle tydelik in ander lande. Die land se ekonomie is byna gehalveer en meer as 800 miljard dollar se skade is aan infrastruktuur aangerig. Duisende onskuldige Oekraïense burgers is reeds in die oorlog dood terwyl tienduisende soldate dood of beseer is.

Die afgelope weke teiken ʼn toenemend desperate Russiese weermag Oekraïense infrastruktuur met lugaanvalle. Teen verlede week was die skade so erg dat ʼn nasionale kragonderbreking vir die eerste keer sedert die uitbreek van die oorlog voorgekom het. Met temperature wat in Januarie en Februarie tot so laag as minus 25 ºC kan daal, lê baie moeilike tye vir die mense van Oekraïne voor.

Dit is egter oor die lang termyn waar Rusland en Poetin ʼn duur prys vir die oorlog gaan betaal. Terwyl soveel as een honderd duisend Russiese soldate reeds dood of beseer is en die koste van die oorlog vir Rusland toeneem, lyk die langtermyngevolge van die oorlog vir Poetin en Rusland rampspoedig.

Verlede week het die Europese Unie se verbod op die invoer van Russiese olie per skip ingetree. Rusland verloor sodoende ʼn mark van 1,5 miljoen vate olie per dag. Nog 500 000 vate olie wat met pyplyne aan Pole en Duitsland gelewer word, sal ook voor die einde van die jaar verlore wees. Russiese olie het verlede week teen net meer as veertig dollar per vat verhandel – dit is omtrent die vlak wat as die gelykbreekkoste van produksie beskou word.

Terwyl die Russe al hoe meer veldslae in Oekraïne verloor, is opposisie teen die oorlog besig om in Rusland toe te neem. Hoe langer die oorlog voortduur, hoe duideliker raak dit ook dat Poetin se politieke toekoms van die oorlog afhang en dat ʼn Russiese nederlaag ook die einde van Poetin kan beteken.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende