8 Junie 2023
Inwoners van die Amerikaanse deelstate Washington en New York kan vandag beter lugkwaliteit verwag nadat inwoners van dié twee state gister gemaan is om binnenshuis te bly weens rookbesoedeling.
Die rook word veroorsaak deur die ergste brande in Kanada sedert daar begin is met rekordhouding.
Tienmiljoene mense regoor die streek is deur die besoedelingswaarskuwings geraak nadat rook van die veld- en bosbrande suidwaarts gedryf is deur die heersende weerstelsels. Twee bofbalwedstryde, en drie teaterproduksies moes gekanselleer word weens die rook.
Skole is ook tydelik gesluit, terwyl sekere vlugte nie onderneem kon word nie.
Check out this almost unbelievable time-lapse of wildfire smoke consuming the World Trade Center and the New York City skyline.
— NWS New York NY (@NWSNewYorkNY) June 7, 2023
Those vulnerable to poor air quality, including seniors and young children, should limit time outdoors if possible.
More: https://t.co/ChRuWv7X6E pic.twitter.com/mtKtLun8lN
