28 Februarie 2022
Na maande se rompslomp op politieke- en regsterrein, het Interpol rooi kennisgewings uitgereik vir die twee Gupta-broers, Atul en Rajash, maar nie vir die twee se eggenote, Arthi en Chetali nie.
Die kennisgewings is uitgereik in verband met klagtes van bedrog en geldwassery wat verband hou met die sogenaamde Nulane Belleggings-saak – ter waarde van bykans R25-miljoen wat in Junie vanjaar in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor word.
‘n Rooi kennisgewing is ‘n amptelike versoek aan lede van die internasionale organisasie om die betrokke lid of lede in hegtenis te neem en aan te hou hangende ‘n uitleweringsverhoor.
Die broers se regsverteenwoordigers het aangedui dat hulle kennis neem van die sukses van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en het ook na die sukses as tydelik verwys.
Hulle het aangedui dat hulle dit sal teenstaan op grond van wanvoorstellings deur die NVG.
Die uittredende hoof van die ondersoekdirektoraat het na die kennisgewings as “bittersoet” verwys aangesien dit uitgereik is op die laaste dag wat Hermione Cronje dié amp beklee.