Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Rolspelers reageer na Nersa kragtariefverhogings aankondig

13 Januarie 2023

Terwyl kritiek vanuit alle oorde instroom oor die Nasionale Energiereguleerder, Nersa se aankondiging dat hy ‘n 18.65% tariefverhoging in elektrisiteitspryse in die 2023/24 boekjaar gaan toelaat, sê president Cyril Ramaphosa dat hy bewus is van Suid-Afrikaners se kragpyne.

Ramaphosa sê Eskom het geld nodig om sy werk behoorlik te doen.

Terwyl die Solidariteitbeweging met verbruikersprotes dreig, het die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde gesê hy is diep teleurgesteld in Nersa se besluit.

Die Organisasie teen belastingmisbruik, OUTA sê met ‘n verhoging van 18.65% in April – en nog ‘n verhoging van 12.74% aanstaande jaar – is daar geen kans vir verbruikers om van dié spiraal van uitermatige besteding te ontsnap nie.

Volgens die burgerregte-organisasie, AfriForum, is die nasionale en provinsiale departemente net so aandadig aan die kragkrisis as wat munisipaliteite is en moet die kabinet dringend antwoorde verskaf.

Verskeie politieke partye – soos ActionSA en die VF Plus – het die besluit veroordeel en vra hulle vir dringende oplossings

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende