24 Oktober 2022
Die borgtogaansoek van die drie beskuldigdes wat aangekla word vir die moord op ‘n jong boer van Roedtan, Limpopo is tot Woensdag uitgestel.
Malesela Mangena, Velly Segwale en Lesiba Solly Segwale het vroeër vandag in die landdroshof in Roedtan verskyn in verband met die moord op die 36-jarige boer Nicky van Rensburg.
Die verdagtes staan ook tereg op ander aanklagtes nadat Van Rensburg se lewensmaat, Veronica Grobler en ‘n minderjarige seun tydens die plaasaanval aangerand is.
Twee uit die drie verdagtes sal na verwagting aansoek om borg doen.
Die hofverrigtinge sal Woensdag in die landdroshof in Naboomspruit hervat word omdat daar tans beurtkrag in Roedtan is.