7 Mei 2021
‘n Jagluiperd het ontsnap uit die Rietvlei Natuurresservaat in die suide van Pretoria.
Die jagluiperd het glo deur ‘n gat onder die grensdraad ontsnap, wat deur ander diere gegrou is. Volgens die woordvoerder van die Tshwane-metro Selby Bokaba is die heining geëlektrifiseer en kon jagluiperds nog nooit in die verlede daarin slaag om te ontsnap nie.
Bokaba het die inwoners rondom die natuurreservaat gewaarsku oor die wilde dier wat dalk in hulle omgewing kan rondloop.
Hy sê ‘n span is ook reeds ontplooi om die jagluiperd op te spoor.
Bokaba het ‘n beroep op besoekers aan die reservaat asook inwoners van Pretoria gedoen om die metro by 082 322 5639 te skakel indien die dier gesien word.
https://twitter.com/tshwane_mayor/status/1390312991384604674