12 Augustus 2022
Nagenoeg 700 vliegtuigingenieurs van die lugdienste, Qantas en Jetstar beplan om dié maand vir een minuut te staak weens ‘n loongeskil.
Die ingenieurs vra vir ‘n salarisverhoging van 12% (3% per jaar oor vier jaar) omdat hulle glo die afgelope vier jaar geen verhoging gekry het nie.
Die bestuurders van die twee lugredery sê hulle het planne in werking gestel indien bedrywighede weens die een minuut staking ontwrig word.
Die werknemers het vroeër vandag gestem, waartydens 90% ten gunste van die staking gestem het.
‘n Federale sekretaris verbonde aan die Australiese Gelisensieerde Vliegtuigingenieursvereniging (ALAEA), Steve Purvinas sê hulle hoop dat die een minuut staking die bestuur van die lugredery sal aanmoedig om met ‘n beter aanbod vorendag te kom.