13 Desember 2023
‘n Kersboom van 38 meter hoog, met duisende gekleurde kersliggies is in Hartbeespoort opgerig en onlangs aangeskakel.
Die maatskappy GST, wat ‘n hoofkantoor in Hartbeespoort het, het dié boom opgerig as ‘n baken van hoop.
Die maatskappy sê in ‘n verklaring dat hulle daarin wou poog om een van die hoogste kersbome in Suid-Afrika te bou, maar dit het gou méér geword en meen dit dien nou as ‘n teken van hoop – nié net vir Suid-Afrikaners nie, maar mense wêreldwyd.
Die boom word opgehelder met stringe kersliggies wat vyf kilometer lank is, terwyl die ster bo-op die boom drie meter hoog staan.
“Hierdie boom is ‘n teken van ‘n nuwe hoofstuk, wat die potensiaal van Suid-Afrika én Afrika simboliseer,” sê GST se woordvoerder, Walter Gähler. Die boom is gelee by GST se hoofkantoor op die hoek van die R512 en die N4 in Hartbeespoort.
Een van die wêreld se hoogste kersbome vir 2023 se Kersfees is in DeSoto Parish, Louisiana en staan nagenoeg 91 meter hoog, soortgelyk aan ‘n 28-verdieping gebou.