18 Julie 2024
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers vir die sewende agtereenvolgende keer onveranderd gelaat op 8,25%.
Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago het vroeër vanmiddag ook aangekondig dat die rentekoers onveranderd gelaat word.
Die ses lede van die monetêrebeleidskomitee was nie almal op dieselfde bladsy wat die repokoers betref nie. Vier lede was ten gunste van die onveranderde koers, terwyl twee aangevoer het dat dit met 25 basispunte moet verlaag.
Kganyago meen weens die inflasie risiko het hulle besluit dat dit beter sal wees om die koerse onderveranderd te laat.