Top 20 met Pieter Koen

Saterdae
16:00-17:00

Luister nou

Volgende

Rentekoers met 75 basispunte verhoog

24 November 2022

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het besluit om die bank se terugkoopkoers met ‘n verdere 75 basispunte te verhoog, wat die repokoers tot op 7%, en die prima uitleenkoers tot 10,5% laat styg.

Rentekoerse in die land is nou bo vlakke waar dit voor die uitbreek van die Covid-19 pandemie was.

Die president van die reserwebank, Lesetja Kganyago het na afloop van die komitee se laaste vergadering van die jaar gesê komiteelede was verdeeld oor die besluit en terwyl drie lede vir die gegewe verhoging gestem het, het twee vir ‘n verhogong van vyftig basispunte gestem.

Vandag se koersverhoging is die agtste verhoging in die huidige siklus, met die totale aanpassing wat 350 basispunte is sedert die verhogingsiklus ‘n jaar gelede in November 2021 begin het.

Kganyago het gesê die styging kom te midde van hoë vlakke van inflasie in Suid-Afrika en ‘n wisselvallige globale ekonomiese vooruitsig vir die jaar wat voorlê.

Hy sê Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsigte lyk swak, hoofsaaklik as gevolg van hoë vlakke van beurtkrag.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Top 20 met Pieter Koen

Saterdae
16:00-17:00

Luister nou

Volgende