Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

“Regulasies is verby, maar die Covid-19-virus is steeds met ons,” sê minister

23 Junie 2022

Die minister in die presidensie, Mondli Gungubele het namens die regering die afname in nuwe Covid-19-gevalle verwelkom.

Hy en die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou om terugvoer te gee oor die kabinetsvergadering wat gister gehou is. Laat gisteraand het die regering aangekondig dat die gesondheidsregulasies geskrap word, wat beteken dat die dra van maskers nie meer nodig is nie.

LEES OOK: VAARWEL MASKERS

Phaahla het hulde gebring aan die persone wat weens Covid-19 oorlede is. Hy het ook namens die regering alle Suid-Afrikaners bedank vir hulle samewerking gedurende die tydperk.

Phaahla sê die beste manier om jouself teen die virus te beskerm, bly steeds die Covid-19-entstof.

“Alhoewel ons nie ons doelwit bereik het om 70% van die volwasse bevolking in te ent nie, is daar teen 22 Junie 36-miljoen dosisse toegedien. 20-miljoen volwassenes is ingeënt en 1,9-miljoen kinders tussen 12- en 17 jaar oud is ingeënt.”

LEES OOK: KYK: SUID-AFRIKANERS REAGEER OP NUUS OOR MASKERS

Die afskaffing van die regulasies beteken volgens hom dat die dra van maskers binnenshuis nie meer verpligtend is nie, daar is geen meer beperking op byeenkomste nie en wanneer buitelanders die land binnekom is dit nie meer nodig vir ‘n inentingsbewys of negatiewe Covid-19-toets nie.

Hy sê dit is egter belangrik om te onthou dat hoewel die gesondheidsregulasies tot ‘n einde gekom het, is dit nog nie die einde van Covid-19 nie en is die virus steeds ‘n werklikheid.

https://twitter.com/HealthZA/status/1539912811937255424

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende