Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Regter Bill Prinsloo vertel: Die Lisensiestryd

Hoofstuk 17: 23 Augustus 2023

In terme van die heersende regulasies, moes houers van tydelike (eenjaar) gemeenskapsradiolisensies elke jaar aansoek doen vir hernuwing van die eenjaar lisensie.  

Die Stasie het dienooreenkomstig opgetree, en ‘n vyfde agtereenvolgende eenjaarlisensie is deur die Onafhanklike Uitsaai Owerheid (“Independent Broadcasting Authority” of “IBA”) toegestaan vir die tydperk 30 April 1999 to 30 April 2000.   Intussen is die IBA vervang deur OKOSA, die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid Afrika of “ICASA”, of “Independent Communications Authority of South Africa”.   Toe Die Stasie aansoek doen, voor 30 April 2000, vir die volgende eenjaarlisensie wat sou geld tot 30 April 2001, was daar erge teenstand van OKOSA.  

Daar was onder andere beswaar teen die Stasie se beleid van aanstelling van werknemers wat net Afrikaners is, die lede van die Stasie se gekose teikengroep vir uitsaaidoeleindes.  

Die term “Boere Afrikaner” is behoorlik gedefinieer en beskryf in die aansoekproses en is as sodanig erken as ‘n “Gemeenskap” deur die ou lisensieowerheid, vir doeleindes van die uitreiking van ‘n gemeenskapsuitsaailisensie.  

OKOSA was egter nie daarvoor te vinde nie en het die Stasie se aansoek vir ‘n sesde opeenvolgende lisensie tot April 2001 afgekeur.   Maar, hangende OKOSA se besluit, is die stasie toegelaat om na April 2001 voort te gaan met uitsendings te midde van vertoë aan, en onderhandelinge met OKOSA.

Op 28 Februarie 2002, bykans ‘n jaar na verstryking van die beoogde tydperk vir die sesde lisensie, waarvoor betyds aansoek gedoen is, het OKOSA die stasie meegedeel dat die aansoek afgekeur is.  Die Stasie is vêrder meegedeel dat hy moet ophou uitsaai binne 30 dae na ontvangs van die redes vir die weiering.  

Oppad hof toe in my kar het ek die nuus op die radio gehoor.   Ek het dadelik vir Advokaat Johan Engelbrecht SC, ‘n kollega by die balie en ‘n ou vriend van Die Stasie, gebel, en my dienste aangebied om te help indien my hulp benodig sou word.  

Dieselfde aand het ek myself bevind as die nuut aangestelde leier van die regspan om Die Stasie te ondersteun, en in my kamers gekonsulteer met wyle Ds Mossie van den Berg, Voorsitter, wyle Mnr Jaap Diedericks, Stasiebestuurder, en wyle Mnr Pieter Kok, senior lid onder die amptenare van Die Stasie.  

Teenwoordig, ook, was wyle Mike van den Berg en Professor Kobus van Rooyen SC, kollega by die balie, goeie vriend en erkende kenner van die Mediareg wat ek genader het om ons te help in ons poging om die Stasie op die lug te hou.   Ons het opdrag van die Stasie gekry om op ‘n dringende basis by die hof aansoek te doen vir die hersiening en tersydestelling van OKOSA se besluit om die aansoek vir die sesde tydelike eenjaarlisensie te weier.  

Die aansoek is binne dae voorberei en sou dien voor Regter Bosielo, ‘n voormalige praktiserende prokureur, wat ons vooraf laat weet het dat ons betoogshoofde in Engels vertaal moes word.   Teensinnig soos ons was, het ons aan die versoek voldoen, en ook (ewe teensinnig) besluit om in die toekoms, indien daar vêrdere litigasie sou wees, al ons stukke en betoogshoofde in Engels voor te berei.   Tydens die verhoor het Prof van Rooyen waardevolle en oortuigende submissies namens die stasie gemaak.   Die aansoek is deur OKOSA geopponeer, en nadat hy die uitspraak voorbehou het, het Bosielo R die aansoek van die hand gewys met koste.  

Weens bepaalde redes kon Prof van Rooyen nie langer deel van die regspan bly nie, maar sy toegewyde bydrae moet erkenning kry.  

My ontmoeting met Ds Mossie, Jaap Diedericks en Pieter Kok was ook die begin van ‘n wonderlike vriendskap met drie uitstaande, en baie indrukwekkende persoonlikhede.   Dit was ‘n besondere voorreg om hulle te ken.   Tydens die lang stryd wat die Stasie in die howe moes veg om op die lug te bly, het ons baie ure daaraan gewy om te konsulteer en stukke op te stel.   Ons het verskeie terugslae in die howe ervaar, maar die drie het nooit moed opgegee nie en ook altyd tyd vir ‘n grappie gehad.  

Ek is seker die onwrikbare geloof, deursettingsvermoë en harde werk in die vroeë dae van terugslae in die hof, teleurstellings en ‘n vyandige owerheid, aan die kant van pioniers soos Ds Mossie, Jaap, Pieter, Betsie, Ellen, Johannes van der Walt en vele ander, sal nooit deur die mense van hierdie baie spesiale radiostasie geringgeskat of vergeet word nie.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende