Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Regstellende aksie dalk binnekort onwettig in die VSA

Nuuskommentaar: 18 Oktober 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Later hierdie maand sal die federale hooggeregshof in die VSA twee sake aanhoor wat, indien die hof in die guns van die klaers sou beslis, ’n einde aan regstellende aksie en rassekwotas in die VSA kan maak. Albei sake handel oor rassekwotas by universiteite en die vraag oor of dit grondwetlik is.

Verskeie sake oor die grondwetlikheid van regstellende aksie en rassekwotas het die afgelope sestig jaar voor die hof gedien. In 2003 het die hof, toe nog met ’n meerderheid liberale regters, in die saak van Grutter teen Bollinger beslis dat rassediskriminasie, in die regstelling van die historiese benadeling van minderhede, geregverdig kan word.

Nadat president John F. Kennedy in 1961 en president Lyndon B. Johnson in 1965 uitvoerende bevele uitgevaardig het wat regstellende aksie, veral op federale regeringsvlak, begin afdwing het, was daar in verskillende sektore van die VSA prosesse om diversiteit deur regstellende aksie en selfs rassekwotas te bevorder.

Sedertdien het die Amerikaanse arbeidsmark sodanig ontwikkel dat regstellende aksie grootliks oorbodig geraak het met minderhede, soos swart Amerikaners, wat dikwels in regeringsdepartemente oorverteenwoordig is. Baie Amerikaanse universiteite het egter aangehou om rassekwotas deel van hulle keuringsbeleid te maak, wat veral veroorsaak dat swart studente met wesenlike swakker prestasie op skool, baie makliker as wit Amerikaners en Amerikaners van Asiatiese afkoms toegang tot universiteite kry.

In 1978 het die federale hooggeregshof reeds beslis dat ras slegs ter wille van algemene diversiteit by universiteite gebruik mag word en dat dit nie tot nuwe uitsluiting moes lei nie. Regter John Paul Stevens het in sy eie opinie in die 1978-saak gesê dat die Amerikaanse grondwet juis alle diskriminasie op grond van ras verbied en dat daar geen grondwetlike beskerming vir regstellende aksie en rassekwotas is nie, aangesien dit in wese ’n nuwe vorm van rassediskriminasie daarstel.

Regstellende aksie is die afgelope paar jaar onder andere deur referendums en wetgewing in deelstate se wetgewers reeds deur nege van die VSA se vyftig deelstate verbied. As deel van die saak wat later hierdie maand deur die federale hooggeregshof aangehoor sal word, het die Universiteit van Oklahoma ’n verslag ingedien wat daarop dui dat die getal studente uit minderheidsgemeenskappe wat aan dié universiteit studeer, selfs toegeneem het nadat Oklahoma in 2012 regstellende aksie verbied het.

Volgens ’n peiling wat vroeër vanjaar deur die Pew Navorsingsentrum in die VSA gedoen is, is 74% van Amerikaners teen rassekwotas by universiteite gekant. Met die federale hooggeregshof wat tans uit ses konserwatiewe en drie liberale regters bestaan, is daar ’n goeie kans dat die hof ’n algemene beslissing teen regstellende aksie kan maak.

Hoofregter John Roberts het homself al in vorige hofuitsprake sterk teen die verdeling van Amerikaners volgens ras uitgespreek. Regter Clarence Thomas het regstellende aksie as vernederend vir alle Amerikaners beskryf.

Die groot vraag is of ’n meerderheid van die regters bereid sal wees om ’n streep deur vorige beslissings van die hof te trek en alle vorme van regstellende aksie en rassekwotas ongrondwetlik te verklaar. Dit lyk tans of daar ’n goeie kans is dat presies dit kan gebeur en dat regstellende aksie in die VSA daarmee finaal tot ’n einde kan kom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende