24 Junie 2021
Die Gautengse regering gaan met regstappe begin teen die redakteur van die Pretoria News, Piet Rampedi en die Independent Media groep, oor hulle beriggewing rakende die beweerde geboorte van ‘n tienling.
Die regering het gister in ‘n verklaring gesê dat hy vasgestel het dat die Tembisa ma, Gosiame Sithole (37) nie onlangs swanger was nie, en dat sy defnitief nie geboorte geskenk het aan ‘n tienling nie.
LEES OOK: REDAKTEUR VRA OMVERSKONING NÁ TIENLING-DEBAKEL
Die regering sê die regstappe spruit uit die feit dat Rampedi en die Independent Media groep hom daarvan beskuldig het dat hy die geboorte probeer toesmeer het, en dat dit sy beeld skade berokken het.
Intussen ontvang Sithole mediese en sielkundige bystand van die regering.
Die “geboorte” het ‘n storm in die hoofstroom media, oorsese media en sosiale media veroorsaak nadat Pretoria News berig het dat Sithole vroeër vandeesmaand geboorte geskenk het aan sewe seuns en drie dogters. Daar is egter nooit enige bewyse van die “babas” gesien nie.